Bou en wy jou huis
Bou jou mure sterk en stewig
Om jou heen om jou te sterk
Bou met stene, klip wat ewig
Altyd hou om jou geperk
Bou die skanse tot in hoogte
Teen die vyand rondom jou
En jou poorte wat gedoogte
Al jou vriende en ook jou.
Maak jou poorte wyd en ope
Om die goeie te ontvang
En die wind daardeur sal lope
Aangetrek met liefdesdrang
Sluit die poorte vir die bose
Waaksaam moet jy dit behou
Om die woeste goddelose
Uit jou vesting uit te hou.
Dek jou dak teen gure were
Teen die koue en die reën
Hom so uit die bose dere
Ongenadig en gemeen.
Teen die felle somerstrale
Tog deur somer koel bly hou
En die warmte tog verhale
In die bytend winter kou.
Sier jou woning knus en huislik
Dat elkeen daar welkom voel
En die atmosfeer bly tuislik
Winter warm en somer koel,
Vra die seën van die Here
Op die Tuiste wat jy bou
Dat geluk en vreugde tere
Altyd waardigheid behou
Wy jou huis aan God wat ewig
Sy bewaarhand uit sal strek
Om jou plekkie, vas en stewig
Met Sy seën en heil te dek
Wy jou liggaam dis God’s woning
Aan die Heer se heil en werk
Tot Sy eer en heilsbekroning
En Hy sal jou wyding sterk.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 18 Februarie 1987