Bring ons terug
Bring ons terug met nuwe krag
Lig nie U hand teen ons met mag.
Ons lig verflou en skyn nie meer
Laat ons ons draai, tot U bekeer.
Ons offer is ons smeekgebed
Tot U kom om ons te red.
Herbaar ons deur U Gees en bloed
Vernuwe onse sielegloed
Wat openbaar is in U Woord -
Gesing, verkondig in akkoord.
Herskep ons na U beeltenis Heer
Sodat ons lewend U vereer.
Verander kan ons nie ons wees
Of selfs ons siele en ons gees.
Net U alleen kan ons hernu
En ons herskep om net soos U
Gewas en rein, en wit en skoon,
Geheilig eens in Hemel woon.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg in 1987