Daar waar Jesus is!
Diep in my gees verlang ek om te wees
daar waar Jesus is!
Ek is gedoop, gereed, reg om te gaan
daar waar Jesus is!
En ek wil aansit aan die bruilofsmaal
daar waar Jesus is!
Ook wil ek spreek die taal van Engele
daar waar Jesus is!
En ek wil sing die nuwelied
daar waar Jesus is!
Daar is geen smart en ook geen pyn
daar waar Jesus is!
Geen sug of trane sal ek stort
daar waar Jesus is!
Wil wandel op die strate blink van goud
daar waar Jesus is!
En drink van die lewendgewend water
daar waar Jesus is!
En eet van die vrugte van genesing
daar waar Jesus is!
Vir my 'n woning in die nuwe stad
daar waar Jesus is!
Waar daar net vreugd’ en blydskap is
daar waar Jesus is!
En met almal die Heer vereer, aanbid
daar waar Jesus is!
Saam met die eng’le roep "Hosanna!"
daar waar Jesus is!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 18 Maart 1976