Die Dag van Rus en Lof
Asof stiller as gewoon,
Vind ons hierdie dag so skoon,
En die voëltjies sing ook blyer,
En die lugruim voel ook wyer,
Ook gesels die stroompies bly,
Waar hul vloei hier dig verby,
En die voëltjies sing hulk ore,
Want die hele veld moet hore.
Maar die hitte maak hul stil,
Of erkentlik aan Sy wil:
Vroeg was dit so vol en lustig,
Maar die middag maak dit rustig,
En so na die dag verstrek,
Word die stilte weer verbreek,
En die Skepper word verheerlik,
Vir 'n dag so skoon en heerlik.
En die voëltjies sing so soet,
Ja, hul sing van Hemelsgloed,
Ewig sal hul Hom bly lowe,
Tot weergalm al die klowe,
Mooier sing hul hierdie dag,
Want dit is die Heer se dag,
En die hele veld vol lewe,
Dank die Skepper hoog verhewe.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 25 Februarie 1940