Die hemel
Die hemel is nie net 'n plek
van goue strate uitgestrek
of waar die lewenswater vloei
en vrugte van genesing groei.
Dis nie 'n plek waar mens heeldag
kan rus, maar doen wat God verwag
en waar daar sonskyn heeldag is,
of waar net goeie mense is
Maar wel die tuiste van diegeen
wie het die Here aangeneem
Dit is die plek waar ons altyd
die Here loof in ewigheid.
Geskryf deur Joffie Janse van Renburg op 14 November 1978