Die Kakkerlak
Die kakkerlak 'n ware reus
Die kruip toe oor Joos se neus
Van skrik het hy toe rond gespring
Met mening die ou dier gedwing
Om af te val tot op die vloer
Vanwaar die ondier hom beloer
Hy roep toe "trap hom, trap hom Skat,
Trap hom, trap hom tog plat,"
Maar Leentjie het in aller nood
Die gogga lyk vir haar so groot
Begin rondtrap en spring en yl
Toe die ondier op haar pyl.
Die kakkerlak so erg gesteur
In tussen haar spring voete deur.
Die twee, dit is nou Joos en Leen
Weet nou nog nie waar is hy heen!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 3 Februarie 1989