Die naam bo almal
In die hemel en op die aarde
Is geen naam met groter waarde
As die Naam van God die Here
Aan wie toekom al die ere
Dis die naam van die begin af
Wat geskep het, en wat win af
Heel die aarde het bevestig
Mens en dier daarop gevestig
Op bevel van skeppingswoorde
Juig o aard, en engelkoorde
Bring Hom lof en eer en hulde
Want dit is in God vervulde.
Dis die Seun se offersterwe
Wat vir mens die hemel werwe
Deur die offerbloed gebrenge
In Sy liggaamsmart vermenge
Aan die kruis se hout van gofer
Tot die wil van God geoffer
Al is Hy in dood verwese
Her Hy uit die graf verrese.
In die wondernaam verkrye
Elk wie soek hul sonde vrye
Van die straf wat daaroor hange
Daarvoor bring ons dankgesange
Vir die reddingskrag gegewe
Aan elk siel uit sond verhewe
Om die Seun se Naam ontwille
In die naam word ons verwille
Al gegee deur God die Vader
Wanner ons ons tot Hom nader
Met geroep in ons behoefte
Gee Hy alles uit belofte.
Jesus Naam bring ook genesing;
Van die siekte se verwesing
Maak God onse liggaam hele
Omdat ons in Hom bly dele.
Neem hy weg ons kommerlaste,
Skenk ons wete van die vaste
Trouheid van die Goeie Meester;
Grote Godheid, Heer en Meester.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 24 Mei 1981