Die stem van God
Die stem van God, "So spreek die Heer";
dit skep geloof in mense-hart,
dis Sy gesag, dit is Sy eer,
dit bring die vreug, verdryf die smart.
Die stem van God is heerlikheid,
dis krag, dit stig, verlig en voed;
dit spreek tot ons op regte tyd,
en dit versterk ons bang gemoed.
Die stem van God eis dat ons hoor,
en in gehoorsaamheid te doen
net wat Hy sê! Spreek tot my oor
en laat my aan U wil voldoen.
Die stem van God beloof gena
as ons net in Sy wil wil bly,
en van Hom ook vergifnis vra;
en Hom in heel ons hart bely.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 3 Februarie 1980