Die Swerwer
Ewig swerwend is sy lewe ---
Voorwaarts is sy grootste strewe ---
Aan die ploeg geslaan die hande ---
Losgeskeur van alle bande ---
Nooit sal hy weer om wil kyk nie:
Nooit sal hy van swerwe wyk nie.
Dis sy strewe --- swerwerslewe ---
Ewigdeur maar voortgedrewe,
Want daar's ongekende kragte,
Wat hom voortdryf deur die magte:
Wat hul vore het geskrewe
Op diegene wat so swerwe.
Swerwend deur die lange maande,
Moedig is my tog algaande.
Oor die lange lewensbane.
Totdat hy ook eens vergane -
Sag en rustig kom te sterwe
Na sy lange tog en swerwe.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 19 Oktober 1942