Die Weerklank van My Hart
Ek het 'n blommetjie gepluk,
'n Reine bloeisel van geluk,
En dit geoffer met my hand : --
My offer van 'n lewenspand.
Ek het gedroom - my ideal
Het ek in droomlandy behaal ---
'n Beeltnis het ek daar ontdek,
Wat liefde in my hart opwek.
Ek het 'n weerklank trots gehoor;
Die eggo was 'n lieflik koor ---
Die antwoord op my hartewens ---
Die hoogtepunt bereik deur mens.
Ek het n kelkie volgeskink ;
'n Kelkie wyn met jou geklink ---
Die dieprooi wyn van bruisend bloed,
Uit hartstog borrel hierdie vloed.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 15 Augustus 1948