Die Weg, Die Waarheid en die Lewe
Ek is die Weg,
      die weg wat lei na die Hemel
      die pad van geregtigheid
      die reguit en nou paadjie
      waarop weinig wandel.
      Niemand gaan na die Vader
      behalwe deur My nie.
Ek is die Waarheid,
      die waarheid war vry maak
      wat jou loskoop van sondelas
      en bande en wat verlos
      die waarheid wat ewig is!
      Niemand ken die Waarheid, as
      hulle My nie ken nie.
Ek is die Lewe,
      wie in my glo sal lewe
      al het hy ook gesterwe.
      Ek het die dood oorwin en lewe
      en skenk dit vrylik.
      Niemand kan lewe, behalwe,
      wie lewe in My nie
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 14 Junie 1979