Die Wind se vroeë Boodskap
Die windjie sing, " Die Winter kom! Die Winter kom!"
En speel en sing in groene klowe om en om,
En soos wildsbokke swaai en pronk oor veld en rant
Met volle vaart en spelend swaai van kant tot kant,
Voordat die son voltooi sy dag se taak en groet;
Net so ook speel die wind in laaste somergloed,
En draai en swaai dit in die kloof en oor die nek
Om terug te keer en grassies heen en weer te trek
Dan kom die windjie weer so vinnig om die kop,
En jag soos honderde wildsbokke kop aan kop,
En swaai daar in die duik en speel met grassaad slank,
Galperend kom dit volle vaart om draaie lank,
En kom die grassies van die veld soos sagte haar,
En jagend ruis dit deur die eindeloos sadeskaar,
En bring 'n vroeë boodskap van die winter koud.
Al swaaiend, swaaiend jaagbaljaar dit stout.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 7 April 1940