Die woord van God
Die woord van God is ewig waar
Dit is die alfa, die begin
van aard' en hemel, ook die swaar
wat het die mens homself besin
deur nie op God se Woord te hoor,
maar het sy ore uitgeleen
om Satan's slinkse stem te hoor;
daardeur verdryf vanuit die Eden.
Die Woord van God het wonderkrag,
want op bevel van God's uitspraak
Het Hy die uitspansel vermag;
die aarde en die mens gemaak
En aan die mens bevel gegee
om oor dit alles heerskappy
te voer, oor aarde, plant en vee,
En God die lof en eer te wy.
Die Woord van God het groot gesag,
want selfs die storm maak dit stil;
bedaar die wind, verleng die dag,
en reinig die melaatse gril.
Die wedu's seun uit dood gewek;
Gadara's boosheid in die swyn
op dolle vaart in see's bestek;
en elke siekelas verdwyn.
Die Woord van God bring redding mee
aan elkeen wie in hom wil glo;
Hy wie aan die kruis Sy lewe gee,
Verrys van graf; opvaar na bo,
en sit aan Vader's regterhand
Van waar hy kom op God's bevel
om eens in duisendjarestand
oor aard te heers in vrede wel!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 5 Junie 1981