Dink aan die beloftes
Jou weg is met dorings en distels besaai;
En voel jy jouself dat jou lof word versmaai?
Die Hemel is koper, ondringbaar en hard,
En jy gaan gebuk onder diep donker smart.
Dink aan die beloftes wat heel die boek vul;
Die Heilige Gees het ook hulle onthul.
Vertrou net op God, want Hy ken jou lot.
Sal alles jou gee gevra in gebee.
En voel dit ook soms dat die weg is te steil
En jy begin twyfel aan jou sieleheil
Jy wonder of jy op die regte weg bly;
Jou wandel en handel skyn so ongewy.
En skyn dit ook soms of jou roeping nie slaag,
En jy ook nie meer op die Here mag waag –
En is jy betwyfel oor wat jou besiel
Of is dit maar net weer die draai van die wiel.
En soms wil dit voorkom asof jy nie poog
In lering en strewe die Heer te verhoog –
Jy skyn nie te vorder met Godlike taak;
Jou siening nie meer al Gods kinders wil raak.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 17 Oktober 1982