Ek verlang
Ek verlang om te hoor,
      in ‘n ewige koor,
van die liefde so skoon,
      wat daar diep in jou woon.
Ek verlang te vetel
      van die klokke se spel,
wat die liefde geheel
      op my hartsnare speel.
En die jubelgesange,
      wat my hart na verlange,
is die soete gelag
      van jou stemmetjie sag.
En die fonkelend lig
      in jou stralend gesig,
met jou ogies so bly,
      wek verlange in my:
te besit en te hou
      al die skoonheid van jou,
en geluk te leer ken
      deur jou liefde te wen.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 14 Desember 1946