Ek wil sien!
En soos die klimman ver vooruit in die wildevy
geklim het, hygend, haastig, uit nuuskierigheid,
om in aanskoue van naby,
sy oog te werp op goddelike heiligheid.
En blinde Bartemeus roep "Dat ek kan sien!"
in die onpeibare geloof dat dit sal wees.
Toe Jesus vra : "Hoe kan ek dien?"
En kyk daar kom die antwoord "Laat dit so wees."
En soos die Grieks begeerte Hom te wil aanskou
roep uit my binneste die drang : "Ek wil Hom sien."
So smag my siel dan te aanskou
in gees die Ene wie gekom het om te dien!
En soos regverdig Simeon sy oudag vier
Kon jiug "Ek het U heil gesien --- my vrede’s daar!"
En Anna oud die Heer vereer,
Ondat sy met profeties oog die Kind gewaar.
Wil ek ook eerdag in die hemel my oog
Kan opslaan na die Vader van die gans heelal,
En in aanbidding Hom verhoog,
En sing die nuwe lied saam met die Hemeltal.
Geskryf deur Joffie Janse van renburg op 15 April 1973