God's werk
Die mens na God se beeld geskep;
die werk van Goddelike hand;
Volmaak gevorm en so geskep
net soos die klei in potter's hand.
Verlei deur Satan's eiewaan –
verdryf vanuit die paradys,
maar nie verlaat, of so laat staan,
maar deur die eeue reggewys.
En toe dit nodig was en reg
het God Sy volk met tugtiging
tot inkeer hul gewys die weg
en in die kudde t'ruggebring.
Maar in God's grote eew'gheidsplan
het Hy versoening daargestel,
Sodat nie een verlore gaan,
maar liefs gered sal word en wel.
Dit was die gawe wat God gee –
die mens kon self niks daaraan doen –
dit bring die liefde van God mee:
deur Jesus heilig bloed versoen!
Herskep deur God se liefdehand;
gewederbaar in gees en moed;
Gewas van sonde las en –band
deur Jesus uitgestorte bloed!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 18 Maart 1979