Goud Silwer en Juwele
Mag die son, goue gloed
Oor jou sprei sy gemoed,
Vol van warme genot
En gelukki’g jou lot
Ewi’g maak. Op jou daal
Sy gelukkigste straal.
Mag die silwere maan
Wat die liefde verstaan,
Met sy sysagte glans
Op jou strale laat dans,
En vol liefde so rein
Oor jou ewiglik skyn.
Mag 'n blinkende ster,
Wat sag winkend van vêr;
Die juweel van die lug
Jou nooit nie ontvlug,
Maar vir ewig sy blik
Op jou aangesig mik.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 18 Mei 1950