In die begin
In die begin was dit God en die woorde van God
Laat daar nou lig wees en so was dit op Sy gebod.
Hy het gespreek en dan was dit ook so
Hy het gebied, soos gesê het gebeur
So is dan alles tot stande daardeur
Niks het ontstaan nie behalwe deur die woord van bo.
In die begin was die woord en die woord was ook God
So staan geskrywe in die ewig annale van God
Wat vas gelê is in heilige boek
Want in die Christus die waarheid geword
Sal jy dan jou nie die lewe omgord
So het die woord in die lewe die aarde besoek.
So is die Woord dan ook lewe, wat daaruit ontstaan
Want dis die ewige lewe wat nooit sal vergaan.
Want is dit dan nie die asem van God
lewe in mense uit klei is geskep.
Neer het gedaal hul siele te red
Vanuit die ewig verderf en van smarte se lot.