Jesus redder saligmaker
Jesus Redder Saligmaker,
        Reiniger van elke hart,
My verlos Hy van die laste,
        en versag die diepste smart,
Skenk aan my U siele vrede
        gee 'n vreugde in my hart.
Uit die Hemel moes Hy neerdaal
        en op donker Golgota
Moes Hy aan die kruishout sterwe
        om my sondelas te dra:
Deur Sy grote liefde – offer
        skenk Hy my ook Sy gena.
Hom wil ek dan dien vir ewig
        in Sy wil wil ek ook bly.
Net so wil ek met Hom wandel
        op die weg wat Hy my lei,
Hou my trou o Heer en Meester
        vasgeanker aan U sy.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 24 Augustus 1957