Jou God is op die troon
Kyk en sien en glo, jou God is op die troon.
Bring jy dan aan Hom die lof en ere,
Vra Hom biddend om in jou te woon;
Die magtig Skepper-God en grote Here.
Glo in Hom, verban jou angs en vrees,
En hoop sal in jou bly vir nou en ewig.
Vat Sy hand en Hy sal met jou wees,
En jou lewe ophou, vas en stewig.
Luister nou en weet jou God is op die troon,
Hy regeer oor al die wêreld-magte.
Enig God wie in die hemel woon,
Beskikker oor ons lot met volle kragte.
Hy sal ons nie laat vaar, ook nie los
Want Hy hou ons vastig met albei hande;
Seën ons met seëninge groot en gros;
Los ons van die vasgebinde bande.
Ondervind dan ook jou God is op die troon
Bring Hom ere, lof en prys en danke.
Uit Sy volheid sal Hy jou beloon,
Met kleedsel, voedsel, al aan Hom te danke.
Loof Hom vroeg en laat en gee Hom prys;
Psalmsing uit volle bors tot God se ere.
Toon jou dankbaarheid deur dit te wys.
Hy is groot almagtig God en Here.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 5 Februarie 1984