Krag in geloof
Is jy ook 'n held van geloof en van wete,
Nes Henoch en Dawid en al die profete,
Wie altyd na God opgesien en verwag het,
maar nooit met 'n twyfel op antwoord gewag het?
Ja hul het bewys dat hul God se genade
geken, uitgeleef het, getoon in hul dade!
En is jy bewus dat God's krag ken geen perke
want dit is bewys in Sy wonders en werke?
En in Sy beloftes is daar ook geen grense
want dit is beskryf in Sy boek se resense.
So gaan Sy genade uitspansel verbye,
want groot is Sy liefde van ewige tye'.
Kan jy nou betwyfel die krag wat Hy gewe,
aan elkeen wie glo en na ewigheid strewe?
En kan jy dan wonder hou wonders gebeure?
Wanneer dan Sy krag in Sy kinders opbeure?
Wees jy dan getrou en glo vas in jou Here,
Hy is die getroue, Hy sal jou verere!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 24 Augustus 1980