Kyk verby!
Verby die berge horison,
Verby die aarde maan en son,
Het Dawid in sy hoop gekyk
Tot in die hemelkoningkryk,
Vanwaar sy hulp vandaan sal kom
Teen vyande gekring om hom.
Verby die menslik eie krag,
Verby die skynbaar onvermag,
Moet ons nes Dawid in geloof
Die almag van die Opperhoof
Aanskou in nood en in gevaar.
Verby die eiewaan en trots,
Verby die hardeklip en rots,
Net soos die godsman van weleer,
Moet ons die oog op God gekeer
Bly hou, om uit gevaar te red,
Wanneer die las ons onderset.
Verby die wrange wêreldsheid;
Verby die moeë menslikheid,
Wat nie die koers of rigting hou
Soos in die Woord word voorgehou;
Maar stip die oog hou tot die end
op Hom wie die gevaar kan wend!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 14 Augstus 1981