Lewe uit Liefde
‘n Liefdessaadtjie diep geplant,
en uit die saadjie kom to stand,
‘n lewetjie so sag en teer,
En deur jou lewensweg beheer.
‘n Mooi geheimpie te bewaar,
En jy alleen kan dit bewaar.
Uit Liefde wat jou hartjie streel,
Sal jy dit net met my wil deel,
Want uit ons liefde vir mekaar
Kom die geheimpie te bewaar.
Geheimpie wat uit liefde strek;
‘n lewetjie uit liefd gewek.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 1 November 1944