Met hanekraai!
Wees gereed, die heupe omgord,
al die lampe moet brand!
Luister vir die klop van die Bruidegom!
Gelukkig is die wat se ligte brand
en wakker op hul poste is!
Die Bruidegom kom, is jy wakker,
is jy gereed selfs na middernag,
selfs met hanekraai?
Die Bruidegom kom beslis,
is die bruid gereed, is daar olie in haar lamp?
Die Bruidegom kom, is jou saak reg?
Het Jesus al vir jou 'n nuwe hart gegee?
Het jy al besluit om die deur oop te maak?
Hy klop, Hy wag vir jou en my!
Waar gaan ons wees met hanekraai?
As die haan kraai en die Bruidegom klop
wil ek so graag reg wees
wil ek so graag Hom in nooi
wil ek so graag die liefde in sy oë sien
wil ek so graag die woorde van Hom hoor:
"Kom my geliefde kind, Ek het jou kom haal!"
Kan daar 'n groter vreugde wees?
Die volmaakte oomblik, die volmaakte einde
vir die volmaakte begin van die regte lewe,
Die regte lewe saam met my Vader.
Ek wil reg wees, elke oomblik
Selfs wanneer die hane kraai!