My Hart behoort aan Jou
Was ek die helder sonnegloed
      sal jy geen koue ken.
Was ek 'n fles vol dieprooi wyn
      dan was jou beker vol.
Was ek 'n sagte windjie soet
      om koel te hou jou hoof.
Was ek die silwer maneskyn
      om oor jou rus te waak.
Was ek 'n silwer waterstroom
      waaruit jy dorstig drink;
Was ek 'n skone liefdeslied
      jou oortjies te bekoor;
Was ek die prins vanuit jou droom,
      en jy my koningin
Het ek geen hart om jou te bied
      want reeds besit jy my.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 13 Oktober 1949