My visioen
Ek sien die Man van Smarte kniel
      daar in die tuin Getsémané,
Die bitter beker moes Hy drink
      en ledig al die wêreld wee.
Ek sien die Lam van God gebuk
      gaan toe Hy self die kruis moes dra,
En struikel val met sware las
      na offerplek op Golgota.
Ek sien die Koningseun gehang
      en aan vloekhout vasgenael
Van God verlate moes Hy sterf.
      en so my sonde skuld betaal.
Ek sien die Heiligdom ontbloot:
      die tempel voorhangsel geskeur;
Want deur Sy dood het Hy herstel
      die weg wat sonde het verbeur.
Ek sien Sy liggaam weggelê
      die graf bewaak en goed verseël,
'n Sware rots daarvoor gerol
      sodat geeneen Sy liggaam steel.
Ek sien 'n graf geopend leeg –
      verskrik die wag daar weggegaan –
Vanuit die graf het Hy verrys
      en uit die dode opgestaan.
Ek sien die Roos van Saron staan
      oorwinnaar oor die doderyk –
Die Lelie van die Dale skoon –
      die Sieraad van God’s Koninkryk.
Ek sien die Meester hoe Hy roep
      na elkeen wie verlore is
en sê " O kom na My, jy, swaar
      belaaide siel, Ek gee jou rus!"