Mymeringe in die Maanskyn
O Skone nag
Die rus na dag
Met ster gewink
In hemel blink
En maneskyn
So silwer fyn
Jy’t my geleer
Die liefde eer.
Ek het van liefde en vreug geleer,
O, sagte Skoonheid, leer my meer:
Dat ek die liefde kan verstaan,
En so die liefdesweg kan gaan.
O skone nag
Met maanlig sag,
Jou ster gewink
Laat my diep dink
Aan maneskyn
En sterre klein,
En liefdesvreug
In blye jeug.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 18 Oktober 1940