'n Lofgedig
Solank ek asem het, wil ek God loof
Want Hy is waardig en gedug en groot.
Solank ek leef Hom prys, en Hom verhoog.
Sy naam is bowe al wat leef; dis groot!
En waarheid is die wagwoord, oopgedaan,
Die kragwoord, Liefde, waaruit al ontstaan.
Drie-enig is my God, ek ken Hom so;
Want uit die Vader is die Seun en Gees.
Ja, God, die skepper en die Heer daarbo;
Die Seun is die oorwinnaar, Trooster, Gees.
Hy's heilig, onaanskoubaar, ongenaak,
Maar sienlik vir die mens met heilig gees.
Uit God's gestorwe bloed vloei daar gena,
En deur Sy wonde word ons ook genees.
Die bloed van Godheid drup op die altaar
Om offerredding aan die mens te baar.
Aan gans die mensdom wie dit vas wil hê,
Skenk Hy die redding van verderf en dood.
Sal ek dan Hom nie prys en dankie sê,
En Hom verheerlik vir Sy dade groot!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op Februarie 1980