Net wat hy sê
Net wat Hy sê, dit moet jy doen!
Al is die eise nog so hoog,
Moet jy dan poog dit te voldoen,
Want wat Hy wil moet jy gedoog.
Net wat hy sê, dit is Sy stem;
Luister daarna en neig nou oor
En buig jou wil om dit te tem,
Want as Hy spreek moet jy gehoor.
Net wat Hy sê, dit sal jou red,
En kom jy voor 'n rooisee staan,
Rig op jou oog ook in gebed,
En jy sal hoor wat moet gedaan.
Net wat Hy sê, Hy sal jou lei
Deur al die draaie van die weg,
Want as jy ingestem sal bly
Dan raak jy byster nooit jou weg.
Net wat Hy sê, ook in Sy woord,
Kom staan in Sy teenwoordigheid,
En weet jy’s in 'n heilig oord,
En laat jou vul met heiligheid.
Net wat Hy sê, dit moet jy weet,
Is stigting wat Sy volk sal red.
Dis Sy gesag, Sy krag gemeet,
Sy almag en Sy ewig wet.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 3 Februarie 1980