O Droombeeld - Jy!
Wie vra na rykdom? Jy sê jy is myn –
Diamante jou ogies; jou lippies my wyn ;
Jou tande die pêrels wat duikers verniet
So naarstiglik soek in die diepste verskiet ;
En teen jou skaam blossies is die rose tesaam
Met die lelies en bloeisels en blomme beskaam;
En jou glansende sysagte hare so skoon
Is die mooiste en kosbaarste koninginskroon ;
En molligheid van vorm aan jou toegebring
Oortref alles tot dusvêr deur digters besing;
En die was blanke vel so glad en so sag
Verdof selfs die marmer van beeldhouers prag;
En die suiwerste klankle van soet molodie
Vloei helder en soet uit jou stemmetjie;
En mooier as enige skilder se kuns
Is jy, want uit jou straal soveel guns.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 14 November 1948