Onder groene Wilgerbome!
Onder groene Wilgerbome,
Langs die koele waterstrome,
Waar sag waai die lente winde,
He tons tweetjies rus gevinde.
Bo ons hoor ons voëlsange;
Langs ons takke wat laag hange
Oor die water langs die paadjie
Waar ek wandel met my maatjie.
Rustig onder groene bome
Dink ons aan ons toekomsdrome –
Luister ons na voëlsange
Vol van liefde en verlange.
En vertel ons aan elkander
Van die liefde wat nooit verander
Deur ontelbaar vele jare -------
Deel ons vreugde met mekare.
Vreugde vind ons langs die strome
Onder groene wilgerbome,
Waar die windjies waai so saggies
En weerklink ons vreugdelaggies.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 8 Julie 1944