Ons gebed: Ons weg
Onse Vader wat daar – so moet ons Hom sien;
aan die Here kom toe al ons lof en eer;
Al ons dankbaarhede aan ons Opperhere.
Met geheel ons harte moet ons Hom ook dien!
Laat U wil geskied – so moet ons berus
in die wilsbestiering van Gods heilsbeplanning,
Uitgewerk volwaardig in die Seun’s opstanding.
Maar van ons vereis dit oorgawe bewus!
Gee ons ook vandag ons – so vra ons behoef
na die brood van koring, maar ook van die lewe,
Vir ons liggaam en ons siel, bly ons strewe
steeds na Hemelhere en Sy hoogste troef!
Lei ons dan nie dieper – so is ons behoud.
God weerhou en red ons van die bose magte,
en bring lig en klaarheid in die duisternagte;
en gewis Sy leiding deur versoekings-woud!
En vergewe soos ons – so die saligheid
wat ons vry gebied word deur Sy offerlys.
ons ervaar die sielerus, daar vir alle tye
op die pad na vrede en die ewigheid!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 12 Junie 1980