Praat met my
Die weg is vry om na My in te gaan
En My Woord is oop en maklik te verstaan.
Maak jou gees dan wyd – ontvanklik wees
Dat jy dan jou weg mag wandel sonder vrees –
Positief te word, nie rond te kyk maar bo –
En span jou gees ook in om ernstig te glo.
Soek, en vinde, is daar in My woord geboek –
Bid in waarheid om My aangesig te soek.
Lees My skrywe deeglik met erns elke dag.
Jou vertoon ek daar Myself, My Gees en krag –
Gee jou ook die moed en al wat jy verlang –
Openbaar vir jou die hemel skatte gang.
Waarom al jou twyfel as jy om jou kyk?
Is Ek nie die Heer, wie nooit van jou sal wyk?
Waarom bly jy stil, en sê nie wat jou kwel?
Ongeloof verdwyn soos mis voor My bevel.
Glo jy dan nie die beloftes in My Woord?
Daarin vind jy rus, en is 'n toevlugsoord!
Open dan jou mond en praat met My en vra.
Daarop gee Ek ag en luister met gena.
Spreek met My, Ek sal Myself jou openbaar
Deur My Gees, die kennis, heilig, te verklaar.
Word jy voor My stil in jou gemoed en gees
Sal My Gees by jou in jou stilwording wees.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 28 April 1985