Ruïnes in die vreemde
Is jy vreemd in die land van die vreemde?
En ken jy geeneen in die rond?
En vind jy jouself onbekende,
Vêr van jou vaderlandsgrond?
En merk jy verval en ruïnes
As jy kyk om jou heen in die wyd?
In al wat daar om jou te sien is,
Is die bouval van lewe en tyd!
En verlang jy dan weer na jou erwe
Verwerk deur jou voorouers stoer –
Deur hul arbeid en bloedsweet verwerwe;
En met offer van lewe vero'er?
Dan verlang jy te wees waar jy vry is;
Te aanbid met jou hart en jou wees;
Te vergeet van wat sleg en verby is
En te loof dan jou God in jou gees.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 15 September 1980