So te volg
In die spore van die Meester groot,
Wil ek wandel, en my God vergroot,
Want soos Hy op aarde leef en gaan,
Het Hy net tot eer van God gedaan;
Onberispelik en waardig rein,
Net so wil ek voor my God verskyn.
In die voorbeeld deur my Heer gestel,
Wil ek volg tot aan my lewenswel.
Want dis al my lus waarna ek streef
Dat ek net soos my Verlosser leef,
Wanneer ek ook eens my einde derf,
Om hierna die koninkryk te erf.
In die krag van Jesus Naam dan ook,
Wil ek mense dien, hul heil te soek;
Op die siekes lê 'n helend hand
Dat hul vry kan word van siekteband;
Hulle uit te lig, en hulle gees
Op te wek; te troos gebroke wees.
In die heiligheid van God se Seun
Wil ek deel; gee aan my siel die steun
Die opwel van heiligmakingskrag,
Wat die Heilge Gees in my vermag;
God se grootheid; die verewiging
Wat ontstaan uit Jesus opstanding.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 1981.06.14