Soek en ontvang
Soek dan nou eers jou God en Heer
En nie die wêrelds hoogmoed eer,
Maar maak jou vas aan Hemel God
Onthou dan tog die groot gebod
Om aan jou naaste ook te denk
En aan hom al jou liefde skenk.
Dan sal die Heer ook jou sien
As jy Hom as jou God sal dien.
Verlustig jou in God die Seun
Want Hy weet van jou elke kreun;
Verander dan jou las en smart
        Bring blydskap vreug in reine hart
Hy sien jou bede en jou smeek
En troos jou as jou hart wil breek.
                Verlustig jou met vreugde bly
                Want Jesus maak jou waarlik vry.
Soek eers die waarheid in Sy Woord
En bou jou lewe in akkoord
En bid met erns en geloof
Vergeet nie om jou God te loof
En sien so uit na nuut te word
Sodat jy jou met krag omgord,
Om voort te gaan, vir God te leef
En so Sy heiligheid nastreef.
        Soek dan nou eers God’s koninkryk
    En dank Hom wat jy dan bereik
        Ja selfs veel meer wat jy begeer
        Van rykdom sal Hy gee en eer.
    Maar eers moet jy die Here soek
    Dit vind jy in Sy Bybelboek
        Deur ywer erns in gebed,
    En God sal op jou bede let!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 8 Februarie 1987