Tel die dae
Tel die dae wat daar voorlê
want soos skadus vlieg hul heen.
wat verlang jy, wil jy hê,
wat te doen het jy gemeen?
Let op elke dag en uur,
want God’s uurwerk tel hul af;
Elk minuut en elke uur
gaan soos stof die niet in af.
Tel die dae wat jy lewe,
wat verby is – wat nog kom.
Dink aan heel jou lewensstrewe
en tel wat het jy opgesom.
Is dit wins of in debiet?
Het jy dae weggebêre
of het hul verby gefliet,
of getel vir God die Heer?
Tel jou dae van die sonskyn,
Maar verwerp die van die weer,
En gedenk die goed en rein,
Maar vergeet die suur en seer!
Tel die dae wat jy erwe
En versterk jou hemelstrewe,
Want dis so dat jy verwerwe
God se heil en ewig lewe!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 31 Desember 1979