Telkens as
Telkens as die wolke skadu
          oor die son se strale kring,
en die helderheid vernewel
          dat die gloed nie deur kan dring,
en die warmte word verwese
          in die newel van die waas,
word die goedigheid verdoesel
          in 'n somberheid en maas.
Sawends as die son sy strale
          agter westerkim versteek,
en die goudgloed van die middag
          is in skemerlig verbleek,
en die daglig is aan kwyne
          as die nag sy kleed uitsprei,
nader kruip die tyd van ruste
          dan is arbeidsuur verby.
As die aandster skielik skitter
          in die blouswart van die nag,
sal die nag se slaapverkwikking
          nuwe uitgeputte krag,
en die glinster van die dagster
          kondig aan die dagbreek weer.