Vergeet-my-nie!
Dink aan my wanneer jy ver is;
Hou vir my ‘n plekkie klein,
En in die middel van jou hart
Plant ‘n Vergeet-my-nietjie rein.
Daardie saadjie wat geplant is
Sal ontkiem en wortels skiet,
En in jou hartjie sal dit groei
Tot ‘n groot Vergeet-my- niet.
Liefde sal dan seëvier.
Die wortels sal ook dieper groei.
En as die plantjie eendag bot
Sal blommetjies van liefde bloei.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 13 November 1943