Vier Kersfees!
Die dae het verbygesnel –
die somer, winter, beurt vir beurt
die koue op die hitte vel,
en weer die somerdrag, gekleurd.
So pas het ons die Kers gevier,
geskenke, wense oorgedra,
of loer die feestyd al weer hier
en kom die Kerstyd aangeja.
Dis byna hier, die wonder dag,
en dink ons ooit vanwaar dit kom,
die fees wat ons elk jaar verwag?
Of het ons dit al klaar verkrom?
Gedenk ons nog God's mensword daad
en al wat daarby het gebeur
of het ons lank reeds dit versmaad
vir ons plesier – dis te betreur!
Want Hy die Heer het neergedaal
om hier as offer te kom sterf,
ons las te dra, ons skuld betaal –
vir ons die hemel te verwerf!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 13 November 1979