Vissers van mense
Vanuit die skuit het Jesus Heer
Die skare op die wal geleer;
'n Woord van wysheid uitgespreek
maar nie oor hulle loofd’ gepreek.
En aan die visserman gesê
Die net aan anderkant te lê
En vis in menigte gevang
Dat hulle aan die net moes hang.
En Simon het die Heer aanbid
Geword 'n mens visserlid.
Deur sprei van evangelie net
En wonders wat gebeure het,
In Jesus naam die woord te bring
Is vele tot inkeer gebring.
'n Skaar wat vra wat moet ons doen
Dat ons weer met ons God versoen?
So is die Christus kerk gestig
Die protestants geloof gerig.
Dit het gevolg op Pinkstertyd
Toe vlamme tonge uitgespreid
Besielingskrag het neergedaal
Tot elkeen in die oppersaal.
Hul God in vreemde taal geëer
En ander van die Heer geleer.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 29 Julie 1982