Vreemd'ling, kind of erfgenaam!
Is jy gelukkig en tevrede hier op Aard’
en is jy tuis, en heg jy waard’
aan jou geluk en aan jou vreugd’?
En waaraan koppel jy jou deugd’?
En sien jy dan nie wat nogmaals
jou weeg, jou hou en jou omhels?
Of is jou ook 'n vreemdeling
Op hierdie ondermaans? Ellendeling?
Want as jy dan verlang na hoër nis,
Bly jy op aard’ 'n vreemdeling gewis!
Maar as jy sien op Grote God,
en let altyd op Sy gebod,
dan skyn dit of jy kind wil wees,
van Hom wie reinig wat is vlees!
En as jy jou aan kindskap klem,
en deur getui'nis verklaar en stem
dat jy geen onbekende is, maar tuis
hoort in die ewige Familie huis –
dan is jy kind, vanuit die hoër sfeer
gebore en 'n vreemdeling benee!
En watter kind sal dan nie erf?
Die goeie uit sy Vaders boedel te verwerf?
want deur die Seun het God Sy lewe uitgegiet,
sodat die erfgename sonder prys – verniet,
mag hê, al die gawes goed – soveel!
Die aanspraak is dan ook jou deel.
Vir vreemd’ling is dit nie te neem,
want kind se erfenis kan nie vervreem!
Is jy ook erfgenaam, nie van die vlees,
Maar van veel meer, van hemelsrus
En van die Gees?
Geskryf deur Joffie Janse van Renburg op 6 Januarie 1976