Wagter, hoe lank?
O! Wagter , Wagter op die muur,
O, sê my nou hoe ver's die uur?
Hoe ver gevorder is die nag,
Hoe ver die koms ook van die dag?
O Wagter, sê hoe lank te wag
Alvoor die skemer van die dag?
Se Wagter! Wanneer kom die Heer
Sy Bruid te haal, en hul ook weer
na Hom te neem, na bruilofsmaal?
Sê Wagter, as Hy my kom haal,
hoe ver die tyd gevorder reeds,
Want ek bly wagtende nog steeds?
O Wagter! Sê hoe ver die Dag
wat kom; hoe lank ek het te wag
voor Lig sal kom en daeraad breek?
Hoe lank die nag voor dag deurbreek?
O Wagter, haastig kom Hy nou,
Reeds is my siel benat met dou!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 17 Junie 1979