Wat kom?
Nog 'n jaar se daetal is byna vol,
en onweerstaanbaar kom 'n nuwe aangerol
vanuit die newels van 'n onbekende tyd.
Maar wat hou dit in onverklaarbaarheid?
Is God daarin vir jou, en ken jy hom
in al jou wese vir die jaar wat kom?
En weet jy dat Hy vrede gee aan jou
en elk wie se geestesoog Hom aanskou!
Wens nie 'n wens, maar bid met heel jou hart
dat Hy die tyd sal vashou in Sy hand,
en jou sal lei, sal seën, en jou sal gee
Sy goedheid, guns, Sy rus en hemelsvree!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 11 Desember 1977