Watter vrede?
Wat roep hulle vrede, nogmaals vrede?
Dis die vrede van verstand en rede.
Waar is daardie rus en daardie stonde?
Of maar net verwoestings diepe wonde?
Oorlog, onrus en terreur en moorde.
En die vrede wat hul praat met woorde
Wat verwaai in wind, verwaas na skande;
Knel die mensdom; bind met satansbande.
Maar teenoorgestel is God's getuie
Van tevredenheid wat mens oortuie
Van die rus in Hom, so ongeskonde
Is die vrede, ewig, ongebonde,
Stromend, blywend in die mens se harte,
Wie aanskou het Jesus kruis en smarte;
En in Hom belei het hulle sonde;
Geestelik genees van sielewonde.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 6 Maart 1980