Wonder jy soms?
Wonder jy soms waarheen jy gaan
Wat weeg jou na jou lewensbaan
Wat weeg jou in die toekomstyd
Hoe is die namaals ewigheid?
Wonder jy soms of is jy reg
Bewandel jy die regte weg
Is jou oortuigings vasgegrond
Bly jou gedagtes afgerond?
Het jy versekering in jou siel
Of is jy maar 'n draaiende wiel
Wat omtol op jou lewenspad
So deur die droog en deur die nat?
Wat is die doel van jou bestaan
Jou smart en vreug, jou lewensbaan?
En dank jy God vir al die goed
Die klee en voed, en die behoed?
En wonder jy wat jou so kwel
Wat is jou wee, wat is jou wel?
Hoe gaan dit met jou siel en gees
Sal jy ook eendag by God wees?
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 4 Januarie 1988