Aan U Vader
Aan U Heer bring ons lof en eer;
U skenk ons wat ons siel begeer;
U lei ons deur die donker nag,
is met ons in die helder dag;
behoed en hou wyl storms woed
en seën met die sonnegloed.
U gee die reën op regte tyd
en bring die wasdom en oestyd.
Verkeer ons in 'n sielenood
breek U vir ons die lewensbrood.
Vervul ons siel met dankbaarheid –
Berei ons vir die ewigheid!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 15 November 1978