Ontwaking
Saggies ontwaak my soet dromende hart;
Saggies en soetjies gewek van sy drome,
Woordjies wat vloei soos die soet water strome,
Raak selfs die grond van die dromende hart.
Saggies ontwaak deur nabyheid bewus:
Selfs van vervulde diep droomsoete denke:
Woordjies wat roep en ‘n handjie wat wenke,
Wenk na ‘n innige liefde en lus.
Lus om te lewe en hoer te streef,
Streef na geluk en ‘n innige vreugde;
Werk en te bou op die lewe se deugde,
En bowe alles vol liefde te leef.
Geskrywe deur Joffie Janse van Rensburg op 21 Januarie 1940