Verganklikhede
O kyk nie na verganklikhede van nou
en sien nie op drek en die aardse gebrou
maar kyk op na die hemel en sien op jou God
wie die aarde vermeer het, en beskik oor jou lot.
Bedink nie begeertes van hierdie ou aard
daar is in die stof en die dros gener waard
maar bepeins in jou hart oor die hemelse eer
en dit wat behoort aan die kind van die Heer.
En begeer nie die glans en die glinster vandag
en die skyn wat jou lok en grynsend toelag
maar verlang om te deel in wat ewigheid gee
vir die siel en jou plaas op die hemelse wee.
Wees ook nie bereid vir die weg o so breed
wat lei na die ewig verderf en na leed
maar wend al strede op die ewigheidsweg
en skik jou vir dit wat so mooi is en reg.